top of page

Aktiwiteite in die omgewing

Hartenbos bied geleentheid vir vele ongelooflike uitstappies en avonture. Of jy nou hou van die see, rustige wandelroetes of snuffel deur markte en winkels, Hartenbos het iets vir jou!

IMG_1501.JPG

Strande

Hartenbos se strande is stapafstand vanaf Klipgooi en is ideaal vir swem.

Indien jy belangstel in snorkel is die Punt se sloep en Santosrif goeie plekke. 

Vir stap of draf langs die see is die Hartenbosloopvlak ideaal. En as jy meer avontuurlustig is, is Dias 'n goeie "surf spot"

pretpark.jpg

Pretpark

Die ATKV pretpark is by die Seefront en ongeveer 500 meter vanaf Klipgooi. Dit bied put-put golf, 'n waterwurm en indrukwekkende klimrame teen 'n billike prys aan. Die warmwaterswembad is ook op die seefront se terrein. Tydens Desember bied die ATKV ook lekker aktiwiteite vir die kinders aan, soos hoela-hoop kompetisies, modeparades en vele meer.

Pretpark

Winkelsentrum

Die Hartenbos Seefront het ook baie winkels en stalletjes waar jy kan koop na hartelus! Pick'n Pay is daar vir noodsaaklike, alledaagse brood en melk, terwyl jy by die Skulpiewinkel 'n paar souvenirs kan optel. Moet nie vergeet om jou sonroom by Clicks te koop nie! Dan is daar ook nog winkels wat klere, swemklere, handsakke en meer verkoop. Indien jy 'n groter verskeidenheid winkels begeer kan jy gerus die Langeberg Mall besoek, ongeveer 4 kilometer vanaf Klipgooi. 

seefront.jpg
spur.jpg

Restaurante

Klipgooi is ook 'n klipgooi van vele restaurante. Besoek Takoda Spur vir lekker burgers en chips, Piza e Vino is heerlik vir Italiaanse kos en as jy lus is vir seekos, maak 'n draai by Ocean Basket. Doughies, Moerbei en DonutDen is kafees waar jy 'n koppie koffie en ietsie soets kan geniet. 

meer restaurante

Staproetes

Indien jy graag 'n bietjie wil gaan stap en jy het reeds 10 keer die Hartenbosloopvlak gestap, ondersoek gerus die St. Blaize Staproete by die Punt. Hierdie roete is baie hoog en die afgrond kan gevaarlik wees in sterk wind. Stap verkieslik in groter groepe en sonder klein kinders. 

Die Hartenbos Parkrun is elke Saterdag by die Outeniqaubosch verwikkeling in Monte Christo vir die wat belangstel in draf. 

IMG_20170318_131641-at-the-cape-st-blaiz

Verder is daar nog vele meer aktiwiteite, die wat genoem is, is slegs 'n paar gunstelinge! Mosselbaai bied ook ekspedisies uit op die see waar walvisse en dolfyne gesien kan word en waar jy saam met die bekende witdoodhaaie kan swem. Die Hartenbos museum is 'n oulike opvoedkundige uitstappie en die vele wildsplase in die omgewing kan gerus besoek word. Stel ondersoek in en vind die aktiwiteite wat die beste by jou pas!

Kontak ons direk by
076 273 7104
bottom of page